Soorte resepte:

Resep-video: Biltong-roosterkoek

Biltong-roosterkoek (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Maak hierdie resep vir die volgende familiebraai. Nie net is dit vinnig en maklik nie, maar jy kan ook so ʼn bietjie aan die vulsel verander of dit selfs weglaat indien jy dit verkies.

Die resep lewer so 8 lekker groot roosterkoeke of 16 kleiner roosterkoeke.

Bestanddele

  • 1 kg winkeldeeg
  • koekmeel, vir uitrol
  • 1 k cheddarkaas, gerasper
  • 1 k biltongpoeier
  • blatjang

Metode

  1. Verdeel die deeg in balletjies so groot soos jy die roosterkoek sal verkies. Onthou om dit nie te klein te maak nie, aangesien jy ʼn vulsel binne die deeg wil sit.
  2. Gooi van die koekmeel op ʼn gladde werksoppervlak en gebruik die palm van jou hand om die deeg plat te druk op die meel.
  3. Gooi ʼn bietjie kaas, biltong en blatjang in die middel van elke platgedrukte deegballetjie.
  4. Vou nou die deegballetjies toe sodat die vulsel binne-in is en plaas dit op ʼn bakplaat wat met meel bestrooi is.
  5. Laat die roosterkoeke vir ʼn rukkie op ʼn warm plek staan sodat dit rys tot dubbel die grootte. Dit neem sowat 10-15 minute.
  6. Kry jou kole tot medium-warm.
  7. Plaas die roosterkoeke op die braaier en braai dit stadig vir sowat 8-10 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Draai dit gereeld om, om seker te maak dit band nie.
  8. Sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.