Soorte resepte:

Resep-video: Blatjanghoender

Blatjanghoender. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hier is nóg ‘n heerlike alles-in-een resep. Die kinders sal hulle lippe aflek en in die ry kom staan vir nog ʼn skeppie van hierdie blatjanghoender. Die lekkerte van hierdie resep is dat jy die rys en die hoender sommer op dieselfde tyd in die oond druk en met ander huistakies kan voortgaan terwyl dit gaar word.   

Die resep is genoeg vir sowat ses mense en is heerlik saam met groente of slaai. 

Bestanddele

  • 1 k halfgaar of stoombehandelde langkorrelrys (“long grain parboiled rice”)
  • 500 g hoenderstukke
  • 2 t hoenderspeserye
  • 1 k mayonnaise
  • 1 k blatjang
  • ½ pakkie (25 g) bruin uiesoppoeier
  • sout en peper, na smaak
  • 1 k water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn oondpan met kossproei.
  2. Klits die mayonnaise, blatjang, uiesoppoeier en water bymekaar in ʼn mengbak.
  3. Gooi die ongekookte rys in die voorbereide oondpan en pak die rou hoenderstukke bo-
  4. Sprinkel die hoenderspeserye, sout en peper oor die hoender.
  5. Gooi nou die blatjangsous bo-oor die rys en hoender en maak die bak toe met ʼn deksel of foelie.
  6. Bak dit in die oond vir 1 uur en haal dan die deksel af. Bak dit verder in die oond vir 20 tot 30 minute tot die rys sag en gaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.