Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte aartappel in jou lugbraaier

Gebakte aartappel in jou lugbraaier. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Gebakte aartappels in die lugbraaier kan maklik die nuwe stapelvoedsel in jou huis word, aangesien dit letterlik die beste en maklikste metode is om ʼn gebakte aartappel te maak. Die lugbraaier doen al die werk vir jou! Dit is ongelooflik hoe vinnig die aartappels bros aan die buitekant en donsig aan die binnekant word. Bedien dit met broccoli, kaas en spek en jy het ʼn heerlike en gesonde aandete.

Bestanddele

  • 4 aartappels
  • olie
  • sout
  • vars gemaalde swartpeper
  • broccoli, gestoom
  • 1 k cheddarkaas, gerasper
  • 1 pak spek, gebraai

Metode

  1. Berei die aartappels voor deur dit goed te skrop, vryf dit dan met olie en geur die buitekant van elke aartappel met sout en peper.
  2. Steek elke aartappel met ʼn vurk en plaas dit dan in die lugbraaier.
  3. Bak die aartappels vir sowat 25 minute by 200 °C, draai elkeen om en kook dit vir nog 20 minute.
  4. Sny elke aartappel dadelik in die middel oop.
  5. Vul elke aartappel met ʼn bietjie gestoomde broccoli en ʼn bietjie gerasperde cheddarkaas.
  6. Plaas dit terug in die lugbraaier en bak dit vir nog 2 minute om die kaas te smelt.
  7. Sprinkel ʼn bietjie van die gekapte spek bo-oor en geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Phillip ·

wat is n lugbraaier werk hy met son verstaan nie so mooi nie of plyn weg dom

domheks ·

@ Phillip – Nuwe oondjie. Jy kan vinnig daarin kos maak. Kry ook saam met die groter een ‘n konveksie oond. Jy kan besluit watter een om te gebruik. Baie minder krag verbruik ook. Seker omdat dit baie kompak/klein is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.