Soorte resepte:

Resep-video: Nachos in ʼn bottel

Nachos in ʼn bottel. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie nachos word in ʼn glasbottel voorberei en gee vir dié Meksikaanse gunsteling ʼn blinknuwe baadjie.

Lae van heerlike bestanddele word in ʼn glasbottel gepak sodat dit maklik ingepak kan word werk en skool toe. Wanneer dit tyd is om te eet, draai jy eenvoudig die bottel om in ʼn bord met skyfies (ons het Doritos gebruik) en geniet die smaakvolle ete.

Wat die resep so lekker maak, is dat dit maklik aangepas kan word afhangend van die hoeveelheid mense vir wie jy kos maak.

Die resep is genoeg vir een mens.

Bestanddele

  • 3 e maalvleis, gaargemaak na jou smaak
  • 4 kersietamaties of ʼn tamatie, kleiner gesny
  • ʼn handvol blaarslaai, opgesny
  • 3 e ui-en-tamatiesmoor (of salsa)
  • ¼ koppie cheddarkaas, gerasper
  • 1 e suurroom
  • 1 klein pakkie (45 g) skyfies, geur van jou keuse

Metode

  1. Gooi die vleis onder in die glasbottel. Dit moet reeds koud wees.
  2. Gooi die ui-en-tamatiesmoor bo-oor die maalvleis.
  3. Pak dan lae met tamatie, blaarslaai, kaas en suurroom bo-op mekaar.
  4. Plaas dit in die yskas totdat jy reg is om te eet.
  5. Gooi die pakkie skyfies in ʼn bord uit en draai jou bottel nachos-slaai bo-oor dit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.