Soorte resepte:

Resep-video: Ontbytbrood

Ontbytbrood. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie broodjie is perfek vir daardie oggende wanneer daar nie tyd is om rustig ʼn gesonde ontbyt by die huis te eet nie. Gryp ʼn sny tuisgemaakte ontbytbrood propvol gesonde lekkerte en vat die pad.

Bestanddele

  • 2 eiers
  • ½ k ligte bruinsuiker
  • ½ dubbelroom gewone jogurt
  • 1 t vanieljegeursel
  • ½ k olie
  • 1 ½ k bruin volgraanmeel
  • 1 e bakpoeier
  • 2 t fyn kaneel
  • knippie sout
  • 3 k muesli
  • 1 k wortels, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn broodpan (24 x 13cm) met kossproei en bedek met bakpapier.
  3. Meng die eiers, suiker, jogurt, vanieljegeursel en olie in ʼn groot mengbak.
  4. Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout by die mengsel en vou dit in totdat alles gemeng is.
  5. Gooi 2 koppies muesli en die gerasperde wortels by en meng liggies.
  6. Gooi die beslag in die voorbereide broodpan en sprinkel die res van die muesli bo-oor.
  7. Bak die brood in die oond vir sowat 34-40 minute of tot goudbruin.
  8. Laat die brood vir sowat 10 minute in die pan afkoel voordat jy dit uit die pan haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.