Dít is beslis nie jou alledaagse yskastert nie.
Lewer 1 kleinerige tert
Bestanddele
KORS
- 200 g (1 pak) Romany Cream-koekies, fyngemaak
- 125 ml (½ k) botter, gesmelt
VULSEL
- 250 g (sowat 40) malvalekkers
- 400 g heelneutsjokolade, in blokkies
- 125 ml melk
- 250 ml room, styfgeklits
Metode
KORS
- Meng die fyn koekies met die gesmelte botter en druk dit vas in ʼn tertbord. Hou eenkant.
VULSEL
- Smelt malvalekkers, sjokolade en melk saam vir sowat 6 minute, of tot alles goed kan meng. Laat dit afkoel.
- Klits die room styf en vou dit by die afgekoelde malvalekker-mengsel in.
- Giet die mengsel oor die kors in die tertbak en laat stol in die yskas vir minstens 1 uur.