Soorte resepte:

Resep-video: Slaai in ’n bottel

Slaai in ‘n bottel (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie slaai sal handig te pas kom wanneer jy begin wonder oor jou volgende kosblik werk toe of ʼn interessante bykos vir jou volgende braai. Die slaai is veral lekker as dit ’n rukkie gestaan het en kan vir sowat vier dae in die yskas gehou word.

Bestanddele

  • 1 kropslaai, in stukkies geskeur
  • Fyn gesnyde grasuie na smaak
  • Seldery, fyn opgesny
  • 2 k gevriesde ertjies
  • 2 pakkies spek, in blokkies gesny en gebraai
  • 6 eiers, hardgekook en fyn gedruk
  • Mayonnaise
  • Cheddar-kaas, gerasper

Metode

  1. Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in individuele glasbottels of in ’n glasbak. Moenie meng nie sodat dit lae vorm wat deur die glas gesien kan word.
  2. Skep die mayonnaise oor sodat dit die slaai bedek.
  3. Strooi gerasperde kaas laaste oor.
  4. Bêre dit in die yskas vir sowat 5 ure of verkieslik oornag.Die slaai is veral lekker as dit ’n rukkie gestaan het en kan vir sowat vier dae in die yskas gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.