Soorte resepte:

Resep-video: Rooiboslief Chai Latte

(Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Bederf die spesiale vrou in jou lewe met ʼn heerlike warm koppie Rooiboslief Chai Latte om die laaste bietjie koue van die winter af te skud voor die lente weer begin blom.

Rooiboslief is 100% organiese rooibosteeblare wat plaaslik vanuit Citrusdal in die Wes-Kaap geproduseer word. Dis onder andere te koop by sekere Checkers-takke en Dis-Chem-takke landswyd.

Met dié resep kan jy genoeg tee maak vir drie mense.

Bestanddele

Die Chai-speseryemengsel

  • 1 t fyngemaalde kaneel
  • 1 t fyngemaalde neutmuskaat
  • 1 t anys
  • 4 kardemomsade
  • 4 heel naeltjies

Vir die Rooboslief Chai Latte

  • 3 e Rooiboslief-rooibosteeblare
  • 1 t van die Chai-speserye
  • 1 t vanieljegeursel
  • 750 ml kookwater
  • ½ k melk per koppie tee
  • ekstra kaneel vir oorsprinkel (opsioneel)
    heuning (opsioneel)

Metode

Chai-speserymengsel

  1. Gooi alles saam en maak dit fyn sodat die geure van die speserye met mekaar kan meng.

Rooiboslief Chai Latte

  1. Gooi die Rooiboslief-rooibosteeblare in ʼn koffie-suier.
  2. Voeg die Chai-speserye en vanieljegeursel by.
  3. Gooi die kookwater in die koffie-suier en laat dit vir sowat 3 minute staan sodat die tee kan trek.
  4. Klits jou melk tot dit skuim en maak die koppies half-vol melk.
  5. Gooi dan jou tee stadig by die melk en sprinkel bietjie kaneel bo-oor.
  6. Indien jy van ʼn soet Chai Latte hou, kan jy bietjie heuning byvoeg.
  7. Geniet dit warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.