Soorte resepte:

Video: Maak jou eie lip- en gesigskrop

Tuisgemaakte gesigskrop (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Jy kan jou eie velsorgprodukte met bestanddele in jou koskas maak!

Maak jou eie velsorgprodukte met bestanddele in jou koskas!

Gesigskropmiddel

Bestanddele

  • 2 e koeksoda
  • 1 e kokosneutolie
  • 1 e water

Wenk: Jy kan dit ook sonder die kokosneutolie maak as jou vel geneig is om olierig te word.

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam tot ʼn sagte pasta vorm.
  2. Wend dit in ʼn sirkelbeweging liggies met jou vingerpunte aan jou hele gesig en nek. Spoel af met louwarm water.
  3. Herhaal sowat 3 keer per week.

Tuisgemaakte lipskrob (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Lipskropmiddel

Bestanddele

  • 1 t heuning
  • 2 t bruinsuiker
  • ¼ t amandelolie (opsioneel)

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam tot ʼn growwe pasta vorm.
  2. Wend dit in ʼn sirkelbeweging liggies met twee vingers oor jou lippe aan. Dis nie gevaarlik as van die mengsel in jou mond beland nie, want al die bestanddele is eetbaar.
  3. Spoel af met water.
  4. Herhaal sowat 1-2 keer per week.

Wenk: Maak elke keer voor gebruik ‘n nuwe mengsel aan om te voorkom dat bakterieë in jou mengsel groei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.