Soorte resepte:

Resep: Vinnige falafel

Vinnige falafel (foto: verskaf)

Hierdie interessante kosblikkos is dalk net die plaasvervanger wat jy nodig het vir ʼn bietjie verandering.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 15 ml makadamia-, sesam- of kanolaolie
  • 1 middelslag ui, fyngekap
  • 5 ml gemaalde knoffel
  • 410 g (1 blik) kekerertjies, gewas en goed gedreineer
  • 30 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn komyn
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml swartpeper
  • 1,25 ml rooipeper
  • 60 ml glutenvrye meel (kekerertjie of soja)
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 160 ml broodkrummels, gemaak van 1 sny glutenvrye brood
  • 60 ml gekapte sonneblomsaad
  • 1 eier, geklits
  • 30 ml suurlemoensap
  • 125 ml sesamsaad

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ʼn bakplaat liggies met olie.
  2. Braai die ui en knoffel vir 5 minute in ongeveer 1 teelepel olie oor lae hitte tot effens sag.
  3. Maak die kekerertjies fyn met ʼn vurk. Meng met die gebraaide ui en knoffel. Roer die pietersielie, koljander, komyn, sout, swartpeper en rooipeper daarby.
  4. Meng die meel, bakpoeier, broodkrummels en sonneblomsaad. Roer dit by die kekerertjiemengsel. Voeg die eier en suurlemoensap daarby en roer. Vorm ongeveer 32 balletjies met die pureemengsel en rol elkeen in sesamsaad.
  5. Plaas die balletjies op die bakplaat. Bak 15-20 minute tot goudbruin. Rol dit om met ʼn eierspaan na sowat 8 minute.

Bron: Gesonde kosblikke
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Te sterk gekrui? Laat die rooipeper weg en verminder die peper na smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.