Soorte resepte:

Resep: Vleiskoekies vir hamburgers

Vleiskoekies vir hamburgers. (Foto: Diabetes/Lapa Uitgewers)

Hierdie diabetes-vriendelike vleiskoekies sal heerlik in ’n toevoupakkie of in ’n volgraanbroodjie wees.

Bestanddele

  • 1 klein ui, fyngekap (75 g)
  • 1 knoffelhuisie, gekap, opsioneel
  • 5 ml kanola- of olyfolie
  • 600 g maer beesmaalvleis of gemaalde volstruis- of wildsvleis
  • 1 sny bruin brood, gekrummel (± 45 g)
  • 1 groot appel, geskil en gerasper (100 g)
  • 1 klein wortel, geskraap en fyngerasper (50 g)
  • 25 ml gekapte vars pietersielie
  • 15 ml Worcestersous
  • 25 ml tamatiepuree
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml gemaalde koljander, opsioneel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 middelslag-eier, geklits
  • olie om te smeer indien braaipan gebruik word

Metode

  1. Roerbraai die ui en knoffel in die olie totdat die ui deurskynend is. Laat afkoel.
  2. Meng dit liggies met die maalvleis en die res van die bestanddele tot net gemeng, anders sal die vleiskoekies taai wees.
  3. Vorm ses plomp vleiskoekies van ongeveer 140 g elk. Plaas dit op waspapier en verkoel vir minstens 30 minute.
  4. Rooster die vleiskoekies oor warm kole, of smeer ‘n braaipan liggies en verhit dit tot matig warm. Braai die vleiskoekies aan beide kante tot bruin maar steeds sappig.
  5. Maak burgers met volgraanbroodrolletjies of vul pitabroodjies met uieringe, tamatieskyfies, gekerfde blaarslaai en agurkieskyfies. Maak jou gunstelingsous of kies ‘n sous soos mosterdsous, tamatiesous of lae-oliemayonnaise.

Bron: Diabetes
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hettie ·

‘Vis’koekies vir ‘ham’burgers Duidelik verstaan die skrywer van die resep nie alles nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.