Soorte resepte:

Resep: Vrugtebroodjie

Vrugtebroodjie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Smul aan dié vrugtebroodjie wanneer jy lus is vir iets nuuts.

Lewer 1 middelslag-broodjie

Bestanddele

  • 300 g vrugtekoekmengsel
  • 250 ml koue sterk rooibostee
  • 2 eiers
  • 180 ml suiker
  • 250 g volkoringmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml gemengde speserye

Metode

  1. Week die vrugtekoekmengsel oornag in die koue rooibostee.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot broodpan.
  3. Roer die suiker by die vrugtemengsel en voeg die volkoringmeel by.
  4. Klits die eiers en roer dit deeglik deur die mengsel.
  5. Skep die deeg in die voorbereide broodpan.
  6. Bak vir 75 minute (1¼ uur), of tot gaar.
  7. Keer op ’n draadrak uit en laat afkoel.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.