Soorte resepte:

Resep: Weelderige aartappelhappies

Weelderige aartappelhappies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou kuiergaste met hierdie heerlike aartappelhappies.

Lewer sowat 30 happies.

Bestanddele

  • 1 kg baba-aartappels
  • 30 ml olyfolie
  • 1 x 230 g-houertjie crème fraîche
  • ‘n hand vol grasuie, gekap
  • 50 g kaviaar (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  2. Sit die aartappels op ‘n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Skud die pan sodat al die aartappels met olyfolie bedek is.
  3. Bak tot die aartappels ligbruin vertoon en die skille begin bros word. Haal uit en laat effens afkoel.
  4. Meng die crème fraîche en grasuie. Maak ‘n snytjie in elke aartappel, skep van die crème fraîche en kaviaar in en sit voor.

Bron: Peuselhappies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.