Soorte resepte:

Resep: Wildsvleis-en-sampioenburger

Wildsvleis-en-sampioenburger. (Foto: SAMFA)

Kry mens dan nou beter as ʼn geurige wildsvleis-hamburger?

Genoeg vir 4 burgers.

Bestanddele

Vir die burgers

  • 400 g Eland-maalvleis of enige ander voorkeurwildsvleis
  • 400 g gemengde knopie- en Portabellini-sampioene, fyn gesny
  • 60 ml Mrs Balls Chutney
  • 1 e gemengde kruie (marjolein, roosmaryn en salie)
  • 2 t knoffelpoeier
  • 2 t uiepoeier
  • 1 t fyngedrukte swartpeperkorrels
  • 1 t sout
  • 1 ekstra-groot eier

Om op te dien

  • 4 burgerrolletjies, gerooster
  • uieringe
  • vyeblatjang
  • Brie-kaas
  • blaarslaai

Metode

Vir die burgers

  1. Meng al die bestanddele om die vleis te maak, saam in ʼn groot bak. Meng om te verseker dat speserye goed versprei is.
  2. Vorm 4 hamburgerfrikkadelle en verkoel vir ʼn minimum van 30 minute.
  3. Braai burgerfrikkadelle oor medium-hitte om karamelisering in die braaiproses te verseker.

Om op te dien

  1. Rooster burgerrolletjies, binnekant na onder.
  2. Plaas dan blaarslaai op jou geroosterde rolletjie, daarna die burgerpattie. Bedruip met vyeblatjang. Voltooi dan jou burger met drie kraakvars, goue uieringe.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.