Beproef gerus hierdie smullekker en eenvoudige wildspastei-resep.
Lewer 4 porsies.
Bestanddele
Kors
- 400 g (1 rol) gekoopte skilferkosdeeg
- 1 eier
- Bietjie Clover-volroommelk
Vulsel
- 125 ml (½ k) rooiwyn
- 125 ml (½ k) Clover-karringmelk
- 1,2 kg wildsvleis, in blokkies gesny
- Clover Mooi River-botter
- 2 uie gekap
- 200 g (1 pakkie) spek, gekap
- 500 ml (2 k) beesvleisaftreksel
- 125 ml (½ k) rooiwyn
- 2,5 ml (½ t) gedroogde tiemie
- Sout en peper na smaak
- 4 wortels, in dik wieletjies gesny
Metode
- Meng 125 ml (½ k) rooiwyn en die karringmelk en gooi dit oor die vleis.
- Marineer dit oornag.
- Smelt genoeg botter in ’n groot swaarboomkastrol en braai die uie. Voeg die spek by en braai tot gaar. Skep alles uit.
- Smelt nog botter in die kastrol en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep die uiemengsel saam met die vleis terug in die kastrol.
- Voeg die aftreksel, rooiwyn, tiemie, sout en peper na smaak by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die temperatuur en laat dit 2 uur lank prut tot amper sag.
- Voeg die wortels by en laat prut nog 45 minute of tot die wortels amper sag is.
- Voorverhit intussen die oond tot 200 °C en smeer ’n groot genoeg oondvaste bak met botter. Skep die vleismengsel in die voorbereide bak.
- Plaas die skilferkorsdeeg bo-oor die vleis en druk dit op die rand van die bak vas. Sny die oortollige deeg af.
- Klits die eier en melk saam en verf die mengsel bo-oor die pasteikors.
- Bak dit 20 minute lank. Stel die temperatuur af na 180 °C en bak dit nog 15 minute lank of tot liggoudbruin bo-op.
Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse Kos
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Uhm, die kors bestandele klink nie lekker nie! Ek dink iemand het deurmekaar geraak iewers.