Soorte resepte:

Rooi en rosé nou beskikbaar in Almost Zero-reeks

Van Loveren-familiewingerde se Almost Zero het Suid-Afrika aan die gons. Nou sprei dié wynagtige drankie met bykans geen alkohol, sy vlerke nog wyer met die nuutste toevoeging van Ravishing Rosé en Radiant Red tot die gewilde Wonderful White.

Ravishing Rosé vertoon al die tradisionele gunsteling se wonderlik kleure, met alomteenwoordige Turkish Delight-geure. Geniet as ’n gesonder aperitif of met Oosterse disse, nageregte en pizza. Sy suster, Radiant Red, is vrug-gedrewe met skeutjies ryp moerbei, wat baie prominent op die tong uitstaan. Dis ook ’n lekker aperitif óf die ideale pasmaat vir pasta, vleisdisse en pizza.

Hulle sluit aan by die Wonderful White – met sy delikate appel-, sitrus en tropiese vrugte-geure en ’n vars talmende nasmaak – wat laat verlede jaar onder luide applous vrygestel is. Dis heerlik op sy eie, of saam met slaai, soesji en somerkos.

“Almost Zero is aan die voorpunt van verbruikers se leefstyl-verandering en veral die groeiende neiging van fiksheid-gefokusde lewens, wat die lae alkohol of alkoholvrye produkte se ontwikkeling aanspoor,” sê Van Loveren se uitvoerende hoof, Phillip Retief. “Dit spreek tot die spesifieke behoefte om ’n nie-alkoholiese drankie te geniet, wat steeds ’n baie beduidende wyn-karakter het.”

Almost Zero lyk en proe soos wyn, maar het minder as 0,4% alkohol. Jy sal 38 glase Almost Zero moet drink voor jy dieselfde hoeveelheid alkohol inneem as een glas wyn.

Die bykans algehele afwesigheid van alkohol, beteken dit kan volgens wet nie wyn genoem word nie, maar hierdie gedealkoholiseerde wonder, begin sy lewe as wyn. Dit word sagkens in die rondte gedraai, terwyl die wyn dun versprei word oor staalkegels, sodat die alkohol kan verdamp.

Die hoë presisie verseker dat die onmiskenbare wyn-voorkoms, -kleur en -geur agterbly. Behalwe dat die alkohol bykans heeltemal verwyder is, is Almost Zero die gesonder keuse, met dieselfde heerlike smaak.

Elke glas het 75% minder kilojoules as gewone wyn, wat jou toelaat om ’n glas wyn geniet, wat jou hart letterlik sal goed doen. Dit beteken dat ‘n hele bottel Almost Zero dieselfde kilojoules as slegs een glas gewone wyn bevat.

Boonop is daar slegs 2.2 g/100 g suiker en 4.2 g/100 g koolhidrate in elke bottel. Tien glase Almost Zero bevat dieselfde hoeveelheid suiker as een glas kommersiële lemoensap.

Almost Zero is banting-vriendelik en die ideale alternatief as jy minder wil drink, of heeltemal wil ophou. Dis perfek vir sake-middagetes, sport-entoesiaste en geheelonthouers.

Versprei die woord oor #VanLoverenWines #DrinkAlmostZero en tag Van Loveren op Facebook en Twitter.

Vind Almost Zero landswyd by kettingswinkels soos Pick ‘n Pay, Makro, Spar, Checkers en Ultra Liquors. Die voorgestelde kleinhandelprys is slegs R69.99.

Vir meer inligting oor Almost Zero, bel Van Loveren by 023 615 1505 of besoek www.vanloveren.co.za.

Wen

Drie gelukkige wenners kan elk ‘n gemengde kissie van Van Loveren se Almost Zero-wyn wen! Vul die onderstaande vorm in om in aanmerking te kom vir dié prys. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 9 Junie 2019 om 23:45.

Oops! We could not locate your form.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.