Soorte resepte:

SA kry wêreld se eerste ‘goue’ biefburger

Hard Rock Café se Gold Leaf-burger (Foto: Instagram)

Hard Rock Café het vandag sy splinternuwe spyskaart bekendgestel met hemelse melkskommels, smullekker aartappelskyfies en … ʼn 24 karaat biefburger.

Hard Rock Café-restaurante reg oor Suid-Afrika spog nou met dié Gold Leaf-burger, met ʼn 24 karaat bladgoudvelletjie tussen die vleis en die boonste broodrolletjie. Dit word bedien met kaas, blaarslaai, rooi uie en tamatie.

Eat Out het berig dat die bladgoud bygevoeg word Hard Rock Café se bekende biefstukburger wat al verskeie internasionale toekennings gewen het. Die burger sal ook die eerste ter wêreld wees met 24 karaat goud.

Hoewel goud geen spesifieke smaak of tekstuur het nie, sal die Gold Leaf-burger jou R320 uit die sak jaag. ʼn Deel van die geld wat gemaak word uit die verkoop van dié burgers gaan na die Hard Rock-stigting wat verskeie uitreikprogramme finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

BELAGLIK…in n land waar baie mense niks het om te eet nie word daar nou so gemors met kos,maar dit is net my opinie sterkte vir die goud eeters

Oujongvrou ·

Ek is geskok. Voor ek daai prys betaal vir n burger gee ek dit liewer vir die naaste straatkind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.