Soorte resepte:

SA se eerste ‘dagga’-pizza is hier

Die ‘Not-so-plain Mary Jane’-pizza (Foto: Skermgreep uit die video)

Die bekende restaurantgroep Col’Cacchio het pas Suid-Afrika se eerste cannabis-pizza bekendgestel wat kannabidiol-olie (KBD-olie) bevat.

Col’Cacchio het saam met Africanpure, ʼn vervaardiger van KBD-produkte, gewerk om dié unieke pizza te skep.

Kinga Baranowska, een van die stigters van Col’Cacchio, sê die pizzas is geskep nadat die departement van gesondheid onlangs aangekondig het dat KBD wettig in Suid-Afrika verkoop mag word.

Baranowska sê sy het ʼn paar jaar gelede al aan die idee gedink toe hulle in Kroasië ʼn cannabis-bier gedrink het.

“Ons probeer altyd om nuwe giere te volg, om innoverend te wees en dinge lig en prettig te hou. Ons het reeds die laerkilojoule-pizza, die styselslim-pizza en ʼn veganistiese pizza omdat ons die tendense probeer volg, nou het ons ook ʼn cannabis-pizza! Ons het gedink: ‘Hoekom nie?’” sê sy.

Die ‘Green goddess’ pizza (Foto: Skermgreep uit die video)

In ʼn video om die pizza bekend te stel, sê die restaurantgroep dat KBD kan help met inflammasie, angs en om artritis te vertraag en verminder. KBD-olie is ook veilig vir kinders en diere.

“KBD-olie laat voel jou nie ‘hoog’ nie. Ons het dit presies uitgewerk dat elke pizza 20 mg KBD-olie sal bevat, wat die perfekte hoeveelheid is,” sê Baranowska. Die pizzas bevat geen tetrahidrokannabinol (THK), die psigoaktiewe bestanddeel in dagga, wat mense kan bedwelm nie.

Die olie, wat nie die smaak van die pizza behoort te belemmer nie, sal op die pizza gespuit word. Volgens Baranowska sal die vegetariese pizza ʼn sterker hennep-smaak hê as die pizza met vleis op.

Twee cannabis-pizzas – die “Green Goddess” (vegetaries) en “Not-so-plain Mary Jane” – is vanaf vandag in alle Col’Cacchio-restaurante, behalwe hul halaal-restaurante en Windhoektak, beskikbaar.

Baranowska sê almal is mal oor die cannabis-pizza en dat hulle sover fantastiese terugvoer oor dié nuwe bestanddeel in hul pizzas ontvang het.

Col'Cacchio Cannabis Pizza

We just couldn't hold it in any longer! We'd like to now officially introduce you to SA's first ever Cannabis Pizza! https://colcacchio.co.za/2019/06/24/cannabis-pizza/

Posted by Col'Cacchio on Monday, June 24, 2019

Indien die video nie speel nie, kyk dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan Swart ·

Dis ou nuus…dagga koekies,brode en pizzas kom al van die 60’s af…en bevat THC…hierdie flou pizza bevat niks.

Smulpape ·

Geitjie grietjie ek sê ook so. Maar volgens die berig sal niemand deur die pizza hoog raak nie. Wat is die doel dan daarvan in hierdie teneerdrukkende tye waarin ons leef? Of smaak dit lekker? Sal nie weet nie. Nietemin bon-appetit aan diegene wat vanaand “gecollar en getie” gaan smul aan die dagga pizza.

Esthie ·

Regtig? Ek sal nooit julle besigheid en waarvoor julle staan kan ondersteun nie. Julle is duidelik oningelig en is deel van die probleem.

Gesiggie ·

Dagga is Gagga…. nee dankie ek bestel eerder maar die gewone??

Aster ·

Ek soek soggens, middag en saans een vir artritis. Hahaha..
Boerekos maar die beste.

PJN ·

Ag nee man dink net hoe lekker hoog gaan jy trap as jy uit daai restaurant uitloop. Ou probleme gaan lyk soos nuwe uitdagings!!!

Andreas ·

Ek het idee die klomp in die parlement sal hierdie nie kan weerstaan nie, koebaai KFC!

Andreas ·

Jip, na die tweede happie sal hulle sal drome droom van stede wat verrys en gesigte van welvaart sien wat die land oorspoel.

Valerie ·

Die pizza lyk baie soos die vrot, gerookte breintjies van die boomrokers. pateties verby.

Blackies ·

Maak jou nie hoog maar wat gaan dit aan laerskool kinders se gedrag doen. Ons sit al klaar met die probleem van oorvol klasse nou nog paar kinders wat lekker hoog en besig gaan wees, of miskien lekker slaap in die klas. Dagga – nee nee nee.

Kobus ·

Het onse Prez nie moontlik ene te ete gekry voor die SONA…so van dagdroom of moet ek se skemeraandsdrome wat hy kwyt geraak het…laat my dink

bambi ·

Duidelik lees mense nie mooi nie; 20mg KBD-olie!! Cannabis is n wonderlike medikasie; jy slaap rustig; jy is net rustiger. Mense moet hulself bietjie educate; gaan google sommer; dit werk ook.

Willem van der Merwe ·

Nie die eerste by verre nie,dagga koekies,tertjies,pizzas en tee is al met ons vir biae lank al

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.