Soorte resepte:

Sakpasresep: Kekerertjiehappies

kekerertjies_sakpasrep_drake.jpg

Foto: drake.com

Tiana Kluyts van Roodepoort het vir die week se sakpasresep gesorg met haar kekerertjiehappies (nuggets).  Dit is haar eie oorspronklike resep.  “Hierdie is ’n vegetaries-vriendelike maaltyd, wat baie maklik ’n wegneemete kan vervang, is propvol proteïne, gesond en natuurlik goedkoop!”, sê Tiana.

Bestanddele

  • ½ k broodkrummels (maak jou eie deur gesnyde brood in ’n voedselverwerker te pols)
  • ½ k hawermoutmeel (maak jou eie deur hawermout in ’n voedselverwerker te pols)
  • 1 blikkie kekerertjies, moenie dreineer nie
  • 1 t sout
  • 1 t knoffel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas die broodkrummels op ’n bakplaat en bak in oond vir ongeveer 5 min tot goudbruin. Plaas eenkant.
  3. Gebruik dieselfde plaat wat jy vir die krummels gebruik het, en sit bakpapier op.
  4. Dreineer die kekerertjies, maar behou ¼ k van die vloeistof.
  5. Plaas die kekerertjies, sout en knoffel in jou voedselverwerker, pols tot krummelrig.
  6. Klits die kekerertjievloeistof tot skuimerig, voeg by die kekerertjies in die voedselverwerker, en voeg dan ook die hawermoutmeel by. Pols totdat dit ’n bol “deeg” vorm.
  7. Verdeel die mengsel in 12 balletjies.
  8. Bedek elke happie deeglik met die broodkrummels.
  9. Plaas op die bakplaat en bak teen 180°C vir 15 tot 20 min, tot lekker krakerig.

Dit is heerlik met sous van jou keuse, tuisgemaakte skyfies en ʼn groenslaai.  Dit is ook ʼn heerlike idee vir ʼn kosblik.

Wenk van die week:  Maak ou brood weer vars deur dit nat te sprinkel en dit dan vir ’n paar minute in ’n warm oond te plaas.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? Kleuters verloor tot 8% van hulle liggaamsmassa as hulle nie op die voedingsprogram is nie.*

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.