Soorte resepte:

Sewe kosblik-idees vir jou kroos

Is jy op soek na idees vir jou kind se kosblik? Hier is ʼn paar resepte wat jy in ʼn japtrap kan voorberei.

  1. Kosblikkie-video: Energieblokkies

ʼn Lekkerny is nooit te versmaai in ʼn kosblik nie! Hier is ʼn vinnige manier om heerlike, en boonop gesonde energieblokkies self te maak.

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep: Kamma-soesji-broodjie

Ietsie vinnig en ideaal vir jou kosblik!

Kamma-soesji-broodjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep: Maalvleispoffers

Is jy op soek na idees vir jou kind se kosblik? Probeer dan gerus dié maklike maalvleispoffers.

Maalvleispoffers (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep-video: Milo-balletjies

Skop die nuwe jaar vol energie af met hierdie heerlike Milo-balletjies. Dit is nie net verspot maklik om te maak nie, maar ook heel gepas om in te pak werk en skool toe.

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep: Mini-pizzas vir die kosblik

Bederf die jongspan met hierdie maklike resep vir tuisgebakte mini-pizzas vir die eerste dag terug by die skool.

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep-video: Vinnige fop-quiche

Jy kan enigiets waarvan jy hou in dié fop-quiche sit!

Vinnige fop-quiche (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Kry die volledige resep hier.

  1. Resep: Romerige ertjie-en-hoenderslaai

Dié slaai is perfek vir jou of jou kind se kosblik.

Romerige ertjie-en-hoenderslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mauritz

In my skooldae 70 jaar gelede het ma’s ook sewe kosblik-idees gehad:
1) Toebroodjie met appelkooskonfyt.
2) Toebroodjie met Marmite.
3) Toebroodjie met tamatie (teen pouse al ‘n bietjie pap maar nog lekker).
4) Toebroodjie met grondboonbotter.
5) Toebroodjie met smeerkaas.
6) Toebroodjie met perskekonfyt.
7) Toebroodjie met vissmeer (het myne altyd uitgeruil vir iets anders by een van my maats).

JL

Oulike idees. Ek wonder net of kosblikke en die inhoud nie ook “designer items” geword het nie.

Andries

As koshuiskind het ons vir 5 jaar elke pouse toebroodjies met ‘n botter-, stroop- en grondboontjiebottermengsel gekry. Afgesluk met ‘n beker soet tee. Dit was elke dag heerlik en ons het tot dorpskinders se broodjies geweier in ruil vir ons broodjies. O ja en ons was tevrede met dit…….