Soorte resepte:

Só maak jy ʼn avokado sag in 90 minute

Avokado

Foto: Pixabay.com

Avokado-liefhebbers weet daar is niks so sleg soos ʼn avokado wat nog nie heeltemal ryp is nie. Volgens die webwerf, The Kitchn, kan jy ʼn harde avokado in 90 minute sag maak.

Dit is wat jy nodig het:

  • Aluminiumfoelie
  • Bakplaat
  • ʼn Harde Avokado

Dis hoe jy dit doen:

  1. Stel die oond op  so 95°C (200°F)
  2. Draai die avokado in foelie toe en plaas dit op ʼn bakplaat.
  3. Sit in die oond vir ongeveer ʼn uur. Laat afkoel vir 30minute.

**Wees gewaarsku: die avokado is dalk sag genoeg om te gebruik ná ‘n uur en ‘n half, maar proe nie soos ‘n avokado wat natuurlik ryp geword het nie. Die avokado gaan moontlik nie so romerig wees nie en die hitte kan dit moontlik ook bitter laat smaak. Laat weet ons gerus sodra jy dié metode aangepak het en of jy sukses behaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Miemie ·

of plaas dit vir ‘n dag saam piesangs… piesangskille bevat ‘n chemikalie wat dit vinnig ryp laat word en natuurlik laat proe. Dieselfde in ‘n piesang wat maak dat dit een vrug is wat nie lank mooi bly nie en oorryp raak.

rox ·

Nee wat kan nie dink dat so avo lekker kan wees ni. Wat jy ook wel kan doen is hom in koerant toedraai en in n donker kas sit vir n paar dae….

Hannelie ·

Ek stem dink dit gaan nie soos ‘n avo proe. Ek sit ook myne in donker kas….wagaar eerder tot hy ryp is.

Hannelie ·

Ek stem dink dit gaan nie soos ‘n avo proe. Ek sit ook myne in donker kas….wag maar eerder tot hy ryp is.

Klein Koos ·

Om dit in n donker kas te bere werk nie vir my nie. Eks soos n goudvis, onthou eers van hom as hy al rond hardloop in die kas van vrot geit.

PHC ·

As ek die avo’s koop, vat ek n ryp piesang saam en vra die winkel man om almal saam in die sakkie te seel. Die ryp piesang stel etheleen gas vry, (dit word ook gebruik om lemoene op te kleur wat te groen is) wat jou avo’s dan baie gou ryp maak.

El ·

Ek het dit probeer. Blêg!! Tekstuur soos aartappel en so bitter soos my skoonma. Glad nie gewerk nie. Dis beter om maar te wag tot dit natuurlik ryp word

PJ ·

Probleem is: Hoe gemaak as jy avo middeldeur gesny het en dan vind dit is nog hard/rou?????

SUSAN ·

Sit die pit terug en sit die twee halwes teen mekaar en draai toe met kleefplastiek. Wag dan tot die avokado sag voel.

Alki ·

Ek draai myne ook toe in koerantpapier en bere dit in my messe en vurke laai sodat ek nie van hom vergeet nie

Louis ·

Nee dankie. Soos n paar mense hierbo se, beste manier is maar draai toe in koerant papier, sit in n donker plek.

Ekwilibrium ·

Ek stem saam met Miemie oor die piesang truuk. Draai die avo saam met ‘n piesang of twee (afhangende van grootte van die avo) in koerantpapier toe.

andre ·

Kom ek se nou vir julle wat werk regtig. sit die avo in koerantpapier saam met n stuk charcoal ,sit in n donker kas . twee dae dan is hy ryp en sag

Lesley ·

Sal dit probeer en kyk. Mag ek jul wys op taalfout? (ek weet, ek weet, dis bietjie OCD soos my seun sal sê maar absolute irritasie as mense so verkeerd praat). ‘n Mens proe en iets smaak. Dus, mens kan proe die avokado smaak nie soos…

Doc ·

draai die avokadopeerboom toe in foelie en wag 2 weke en sie daar! Lol

AmY ·

Maroela Media, kan julle nie asseblief ñ ‘like’ opsie kry nie? Ek sal regtig sommige van hierdie kommentare wou ‘like’. ;-)

Jolanda ·

Vrek sleg en bitter in die oond. Het 3 grotes verlede week so verloor nadat ek na my werks kollegas geluister het. Nee dankie, sal nou maar die piesangs probeer!

HANTIE MARNITZ ·

moenie met goeie kos mors nie. die foelie en oond storie werk nie, al waarvoor dit goed is is om weggegooi te word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.