Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Sjokoladebeskuitjietruffels

Sjokoladebeskuitjietruffels (Foto: Annelien Pienaar)

“Hierdie vinnige en maklike resep is ook geskik sodat klein handjies kan help om vakansiehappies of selfs padkos te pak,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Raklewe: Sowat ses weke op die rak en ses maande in die vrieskas in lugdigte houers.

Lewer 30 balletjies

Bestanddele

  • 200 g kooksjokolade
  • 150 g room
  • 5 ml rumgeursel of 10 ml brandewyn
  • 200 g Tennisbeskuitjie, fyngemaak
  • 50 g neute van keuse, gemaal
  • 50 g versiersuiker, gesif

Metode

  1. Kap die sjokolade baie fyn met kapmes sodat stukke vinniger kan smelt. Smelt die sjokolade in dubbelkoker en laat effens afkoel.

Dubbelkoker: As jy ʼn dubbelkoker gebruik onthou die water in die kastrol moet liggies kook en dit moet ook nie aan die bak wat bo-op pas se bodem raak nie.

As die water te vinnig kook kan daar waterdruppels in die gesmelte sjokolade kom en dan word dit een growwe massa, so wees versigtig met hierdie proses, dit is die maak of breek. Indien dit gebeur roer 1 e kookolie by en hou aan roer met ʼn draadklitser tot glad. Verwyder van hitte.

  1. Roer die room en laastens die geursel by die gesmelte sjokolade en meng goed deur. Voeg die koekies, versiersuiker en neute by.
  2. Verkoel in yskas vir 30 minute en maak 15 ml balletjies en rol in versiersels van eie keuse soos gesien op die foto (versiersuiker, kakao, strooiversiersel, klapper, fyn gekapte neute ensovoorts).

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.