Soorte resepte:

Bekerkoek

Foto: http://koshuiskos.blogspot.com/

Hier is ‘n baie maklike resep – iets wat kinders op ‘n reënerige kers-/vakansiedag kan doen! Dit neem presies 6 minute.

Bestanddele:
4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
1 eier
3 eetlepels melk
3 eetlepels olie
Druppel vanilla
Knippie sout
Knippie bakpoeier
Paar blokkies sjokokade, in stukkies gebreek (opsioneel)

Metode:
Meng alles goed in ‘n groot koffiebeker. Mikrogolf op hoog vir drie minute in die beker. Eet warm!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.