Soorte resepte:

Cremora-tert

Bestanddele:
250g Cremora-poeier
1 Blik kondensmelk
Halwe koppie suurlemoensap (125ml)
1 Koppie kookwater (250ml)
1 – 2 pakkies Tennisbeskuitjies vir Kors ( pak onder in Tertbord)

Metode:
1. Klits kondensmelk en suurlemoensap saam.
2. Voeg Cremora-poeier by.
3. Klits kookwater by.
4. Klits saam vir 5 minute en skep romerige mengsel oor
tennisbeskuitjies in tertbord.
5. Verkoel oornag in yskas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
nicolette

Ek maak ook hierdie cremoratert, maar ipv water, gooi ek 250ml room in, dit is net so lekker.