Soorte resepte:

‘Net koffie’ se sjokoladekoffiestaaf

‘Net koffie’ se sjokoladekoffiestaaf. (Foto: Verskaf)

Net koffie se sjokoladekoffiestaaf met donker sjokolade en vingerbeskuitjies is eenvoudig genoeg dat die kleinspan ook ʼn hand kan bysit.

Bestanddele

  • 360 g goeie gehalte donkersjokolade
  • 80 g ongesoute botter
  • 1 blik kondensmelk
  • ⅓ k kakao
  • 20 ml espresso
  • 10 g gemaalde koffie
  • 250 g Scotts-vingerbeskuitjies
  • ekstra 40 g donkersjokolade
  • lekkers vir versiering, soos byvoorbeeld Smarties
  • ekstra kakao om oor te sif

Wenk

Hierdie resep sal in enige 26 x 8 x 4,5cm pannetjie of in ʼn 20 x 10 x 7cm broodpannetjie werk.

Instruksies

  1. Smeer die pannetjie en voer met bakpapier uit.
  2. Breek die sjokolade, sit dit in ʼn kastrol en smelt oor ʼn lae hitte.
  3. Voeg die botter, kondensmelk en kakao by en meng goed.
  4. Voeg dan die espresso en gemaalde koffie by en meng weer goed. Sodra alles gesmelt en gemeng is, skakel jy die hitte af.
  5. Breek die vingerbeskuitjies grof en voeg dit by jou sjokolade-koffiemengsel. (Jy kan dit in ʼn plastieksakkie plaas en met ʼn rolstok slaan.)
  6. Skep in die pannetjie, druk goed vas en maak gelyk bo-op.
  7. Pak dan ʼn laag koekies wat nou ʼn bolaag in die pannetjie vorm, maar eintlik die kors gaan wees wanneer jy hom omkeer.
  8. Verkoel in yskas vir ten minste 4 uur tot goed gestol.
  9. Haal uit en sit op ʼn opdienbord.
  10. Sit die ekstra sjokolade in ʼn mikrogolfbakkie en smelt 50%. Gebruik die gesmelte sjokolade en lekkers om die sjokoladestaaf mee te versier.

Hierdie resep is in episode sewe van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET gepubliseer. Vir meer inligting oor die program besoek kykNET se webwerf.

Net koffie met Henriëtte Marx is Sondagmiddae om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.