Soorte resepte:

Resep: Aarbei-mousse

Aarbei-mousse (Foto: Lapa-uitgewers)

‘n Heerlike somernagereg met regte aarbeie én aarbeilikeur.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 500 g aarbeie, skoongemaak
  • 125 ml suiker
  • 7 ml suurlemoensap
  • 2 ml sout
  • 3 eiers, geskei
  • 45 ml aarbeilikeur
  • 250 ml room
  • 7 ml vanieljegeursel
  • gekapte pistasieneute vir garnering

Metode

  1. Plaas die aarbeie in ʼn voedselverwerker en meng dit vir ongeveer 2 minute tot baie glad. Giet die gladde aarbeie in ʼn groot kastrol.
  2. Meng die suiker, suurlemoensap, sout en eiergele saam en klits tot goed gemeng.
  3. Verhit die mengsel tot dit prut en laat dit oor lae hitte liggies kook vir 15 minute tot dit verdik het.
  4. Giet die mengsel in ʼn groot bak en roer die likeur deur.
  5. Laat die mengsel vir ten minste 30 minute in die yskas rus tot dit heeltemal afgekoel het.
  6. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit by die aarbeimengsel in. Plaas eenkant.
  7. Klits die room en vanieljegeursel saam tot stywe punte vorm en vou dit by die aarbeimengsel in.
  8. Skep die mousse in ʼn mooi glasbak en laat dit vir ten minste 30 minute in die yskas stol.
  9. Verwyder uit die yskas, garneer met gekapte neute en bedien.

Bron: Lekker & Vinnig: Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Oooo, dit klink heerlik. Ek is mal oor enigiets wat aarbeie bevat. Ongelukkig kan ons nou nie aarbeilikeur kry nie. Gaan dit maar probeer daarsonder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.