Soorte resepte:

Resep: Banananoffies

Banananoffies (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike somer-bederfie langs die swembad.

Bestanddele

  • 2 piesangs, in dun skyfies gesny
  • 1 e gerasperde suurlemoenskil
  • 400 ml room, styfgeklop
  • 200 g karamel
  • 50 g geroosterde haselneute
  • ʼn knippie sout

Metode

  1. Rooster die neute saam met ʼn bietjie sout in ʼn pannetjie tot goudbruin. Wanneer dit afgekoel is, plaas dit in ʼn Ziplock-sakkie en maak fyn met ʼn koekroller.
  2. Vou die karamel en room saam.
  3. Voeg die suurlemoenskil by die piesang en meng versigtig sodat die skyfies hul vorm behou.
  4. Skep ʼn lagie van die piesangs in poedingbakkies. Daarna ʼn lagie van die geroosterde neute. Volg dit op met die room-en-karamel mengsel. Skep laastens ʼn groot lepel vol wit room bo-op en versier met ʼn skyfie gedroogte piesang.

Resep: Sjef Snoekie laat die potte sing

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellie ·

Hi MM.
Metode no. 4….versier met ‘n skyfie gedroogte…. moet seker piesang wees, want die sin is nie volledig nie.

Megan Swart ·

Dagsê Ellie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.