Soorte resepte:

Resep: Banoffie-tert

Banoffie-tert (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Vakansie is nie ʼn vakansie sonder die allerlekkerste soetgoed nie. Hoe klink ʼn piesang-en-karamel-tert vir nagereg?

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

Krummelbasis

  • 1 k (250 ml) fyngedrukte beskuitjies
  • ½ t (2 ml) fyn gemmer
  • ½ k (80 ml) gesmelte Clover Springbok-botter

Vulsel

  • 385 g-blikkie Clover-kondensmelk
  • 3 klein piesangs
  • 2 e (30 ml) suurlemoensap
  • 1 k (250 ml) Clover-room, geklop
  • 2 e (30 ml) donker sjokolade, skaafsels of gerasper

Metode

  1. Krummelbasis: Plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker en kombineer. Voer ʼn 23 cm‑losboom-tertblik uit met die krummelmengsel en druk vas. Verkoel in die yskas vir 30 minute.
  2. Vulsel: Verwyder die etiket van die blikkie kondensmelk en plaas dit in die middel van ʼn klein kastrolletjie. Bedek met water en bring tot kookpunt.
  3. Sit die deksel op en kook vir 2-2½ uur: gooi nog water by indien nodig. Laat heeltemal afkoel. Gooi die inhoud in ʼn mengbak en meng met ʼn houtlepel tot glad.
  4. Skep die mengsel in die krummeldop en verkoel in die yskas vir 1 uur tot ferm.
  5. Sny die piesangs in dun skyfies en gooi suurlemoensap oor.
  6. Rangskik die piesangskywe oor die karamel. Druk of skep die geklopte room oor die pastei uit.
  7. Versier met sjokoladeskaafsels. Bedien koud.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.