Soorte resepte:

Resep: Basiese oliebolle

(Foto: Unsplash)

Versier hierdie oliebolle soos jy wil, vir ʼn lekker soetigheid vir enige geleentheid.

Lewer ongeveer 24

Bestanddele

  • 5 ml (1 t) suiker
  • 125 ml (½ k) louwarm water
  • 10 g (3 t) droë gis
  • 830 ml (3⅓ k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) sout
  • 45 ml (3 e) suiker
  • 65 ml (4 e) margarien
  • 1 groot eier, geklits
  • 75 ml (5 e) louwarm melk

Metode

  1. Los die 5 ml suiker op in die louwarm water en strooi die gis bo-op die water. Plaas dit eenkant vir ongeveer 15 minute tot skuimerig.
  2. Meng die meel, sout en 45 ml suiker saam. Vryf die margarien in die meelmengsel in.
  3. Voeg die gismengsel, eier en louwarm melk by die meelmengsel en meng tot ʼn sagte deeg. Knie die deeg vir ongeveer 10 minute tot glad.
  4. Strooi meel in ʼn bak, plaas die deegbal bo-op en maak dit met kleefplastiek toe. Laat dit ongeveer 20 minute staan sodat dit kan rys.
  5. Knie die deeg plat en rol dit ongeveer 2 cm dik uit. Druk sirkels uit met ʼn groot koekafdrukker en druk met ʼn kleiner koekafdrukker ʼn gat in die middel van elke sirkel.
  6. Plaas dit op ʼn meelbestrooide oppervlak en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit 30 tot 40 minute rys tot dubbel die volume.
  7. Diepbraai die oliebolle in olie en plaas dit op kombuispapier sodat die meeste olie kan dreineer.
  8. Laat dit heeltemal afkoel voordat koninklike versiersel of ganache bo-oor gegiet word.

Bron: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.