Soorte resepte:

Resep: Bessie-en-gemmer jogurtysies

Bessie-en-gemmer jogurtysies (Foto: Lapa-uitgewers)

Spaar ʼn paar rand en maak vanjaar sélf ysies vir die vakansie.
Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 100 g Ginger Nut-beskuitjies
  • 1 x 385-blik kondensmelk
  • 250 g rooi bessies van jou keuse (soos aarbeie of frambose)
  • 500 g ongegeurde jogurt
  • 250 g pers bessies van jou keuse (soos bloubessies of brame)
  • 8 stewige papierkoppies
  • 8 roomysstokkies

Metode

  1. Plaas die beskuitjies in ʼn voedselverwerker en puls tot dit fyn krummels is. Voeg 30 ml kondensmelk by en meng weer.
  2. Verdeel die beskuitjiemengsel tussen die papierkoppies en druk dit op die bodem vas.
  3. Kap die bessies rofweg in kleiner stukkies.
  4. Plaas die helfte van die rooi bessies, die helfte van die oorblywende kondensmelk en die helfte van die jogurt in die voedselverwerker en meng tot glad.
  5. Giet die mengsel in ʼn mengbak en roer die oorblywende rooi bessies deur.
  6. Deel die mengsel tussen 4 van die papierkoppies.
  7. Herhaal die proses met die pers bessies en die oorblywende bestanddele.
  8. Plaas ʼn roomystokkie in elkeen van die papierkoppies en druk dit in die beskuitjiebasis om die stokkie te stabiliseer.
  9. Vries die ysies vir en minste 4 uur maar verkieslik oornag.
  10. Verwyder die ysies uit die koppies deur dit om te draai en liggies te druk sodat die ysies uitlig.

Bron Lekker & Vinnig: Vrugte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.