Spaar ʼn paar rand en maak vanjaar sélf ysies vir die vakansie.
Lewer 8 porsies
Bestanddele
- 100 g Ginger Nut-beskuitjies
- 1 x 385-blik kondensmelk
- 250 g rooi bessies van jou keuse (soos aarbeie of frambose)
- 500 g ongegeurde jogurt
- 250 g pers bessies van jou keuse (soos bloubessies of brame)
- 8 stewige papierkoppies
- 8 roomysstokkies
Metode
- Plaas die beskuitjies in ʼn voedselverwerker en puls tot dit fyn krummels is. Voeg 30 ml kondensmelk by en meng weer.
- Verdeel die beskuitjiemengsel tussen die papierkoppies en druk dit op die bodem vas.
- Kap die bessies rofweg in kleiner stukkies.
- Plaas die helfte van die rooi bessies, die helfte van die oorblywende kondensmelk en die helfte van die jogurt in die voedselverwerker en meng tot glad.
- Giet die mengsel in ʼn mengbak en roer die oorblywende rooi bessies deur.
- Deel die mengsel tussen 4 van die papierkoppies.
- Herhaal die proses met die pers bessies en die oorblywende bestanddele.
- Plaas ʼn roomystokkie in elkeen van die papierkoppies en druk dit in die beskuitjiebasis om die stokkie te stabiliseer.
- Vries die ysies vir en minste 4 uur maar verkieslik oornag.
- Verwyder die ysies uit die koppies deur dit om te draai en liggies te druk sodat die ysies uitlig.
Bron Lekker & Vinnig: Vrugte
Uitgewer: Lapa
Yum! Lekker en gesond! Beter as roomys!