Soorte resepte:

Resep: Dadel-yskaskoek

Resep: Dadel-yskaskoek (Foto: Colette Schultz)

Die kombinasie van dadels en malvalekkers is hemels! As jy ’n soettand het en van dadels hou, moet jy liefs die resep dubbel aanmaak en een van hulle skelm alleen opeet sonder om te skuldig te voel oor te veel suiker.

Lewer ongeveer 15 skyfies

Bestanddele

  • 250 g dadels
  • 125 g malvalekkers
  • 1 pakkie Mariebeskuitjies
  • 150 ml room
  • klapper (genoeg om die yskaskoek in te rol)
  • gekapte pekanneute en glanskersies (opsioneel)

Metode

  1. Snipper dadels en malvalekkers in klein stukkies.
  2. Gebruik ’n voedselverwerker om die Mariebeskuitjies fyn te druk (of gebruik ’n koekroller).
  3. Meng gesnipperde dadels, malvalekkers en fyn mariebeskuitjies goed deur.
  4. Gooi room bo-oor en meng goed.
  5. Strooi klapper oor ’n vel foelie en skep die beslag op die klapper. Strooi ook klapper bo-op die beslag en druk dit styf teenaan mekaar tot ’n “wors” vorm van ongeveer 30 cm lank.
  6. Rol nou die foelie styf om die wors en verkoel in die vrieskas oornag.
  7. Sny in 2 cm-skywe en sit voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.