Soorte resepte:

Resep: Dadelkluitjies

(Foto: Argieffoto)

Rita Bothma, ’n Maroela Media-leser, het hierdie resep ingestuur en sê dit is perfek vir die inperkingstydperk.

Bestanddele

STROOP

  • 500 ml suiker
  • 1 ℓ water
  • 30 ml botter
  • 30 ml gouestroop
  • 2 ml sout

KLUITJIES

  • 500 ml koekeel
  • 15 ml koeksoda
  • 2 ml fyn kaneel
  • 30 ml botter of margarien
  • 125 ml fyngekapte dadels
  • 250 ml melk

Metode

Wenk: Berei dit in ʼn groot kastrol, anders kook dit oor.

STROOP

  1. Meng al die bestanddele vir die stroop saam in ʼn swaarboomkastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos het.

KLUITJIES

  1. Meng die koekmeel en kaneel saam. Vryf die botter in en voeg die dadels by. Meng goed.
  2. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word.
  3. Laat die stroop weer kook en skep lepelsvol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop.
  4. Verlaag die hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor), en prut 20 minute lank. Moet nie die deksel oplig nie.
  5. Bedien met vla, room of roomys.

Het jy ‘n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.