Soorte resepte:

Resep: Framboos-en-sjokolade-rolletjies met sjokoladesous

Framboos-en-sjokolade-rolletjies met sjokoladesous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy sal dié soetdingetjie glad nie kan weerstaan nie!

Bestanddele

  • 12 rolletjieomhulsels (spring roll wrappers)
  • 150 g witsjokolade, in klein stukkies gebreek
  • 100 g frambose
  • 1 eier, geklits
  • olie om in te braai

Sjokoladesous

  • 100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • ½ k (125 ml) Clover‑room
  • 1 e (15 ml) bruinsuiker
  • ¼ t (1 ml) vanieljegeursel

Metode

  1. Plaas een rolletjieomhulsel op ’n bord sodat die een punt na jou toe wys. Hou die oorblywende rolletjieomhulsels onder ’n klam vadoek.
  2. Skep ’n paar stukkies sjokolade en ongeveer 20 ml van die frambose op die hoek naaste aan jou.
  3. Vou die hoek oor die vulsel en rol van hoek na hoek op terwyl die sykante na binne gevou word om die vulsel te bedek.
  4. Verf ’n bietjie van die geklitste eier oor die boonste hoek om dit te verseël.
  5. Herhaal die proses met die oorblywende rolletjieomhulsels en vulsel.

Sjokoladesous

  1. Meng al die sousbestanddele in ’n kastrol en verhit stadig oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is.
  2. Prut vir 2 tot 3 minute oor baie lae hitte tot dit ’n bietjie afgekook en verdik het.
  3. Verhit die olie in ’n diepbraaier en braai die rolletjies vir 2 tot 3 minute of tot goudbruin.
  4. Dreineer op kombuispapier en sit met die sjokoladesous voor.

Bron: Gunsteling poedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.