Jou kinders sal hul lippe behoorlik aflek!
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- 3 groot eiers
- 10 ml makadamia- of olyfolie
- 60 ml laevetmelk
- 2,5 ml fyn kaneel
- 4 snye lae-Gl-brood
- 30 ml Nutella
- 2 klein piesangs
- 4 groot aarbeie
Metode
- Klits die eiers, olie, melk en kaneel saam in ’n vlak bakkie.
- Doop ’n sny brood heeltemal in die eiermengsel. Moenie dit te lank daarin laat lê nie.
- Plaas ’n enkele sny brood in ’n verhitte wafel- of toebroodjieroosterpan en rooster tot goudbruin. Herhaal met die oorblywende snye brood.
- Smeer elke sny met 7,5 ml NuteIla. Sny die piesangs en aarbeie in skyfies en rangskik op die broodjie.
- Sit voor as oop- of toebroodjie. Sny in kleiner stukkies sodat dit maklik hanteerbaar is met die vrugtestukkies binne-in.
Variasies:
- Meng 15 ml Nutella met 15 ml grondboontjie- of neutbotter. Smeer dit op die Franse roosterbrood en plaas dun vars appelskyfies daarop.
- Vervang die kaneel met 2,5 ml gemengde kruie en sit voor met laevetmaaskaas en biltongsprinkels of gebakte bone in tamatiesous.
- Sit ook met gerasperde kaas en lae-Gl-konfyt of grondboontjiebotter en peerskywe voor.
Bron: Gesonde Kosblikkie deur Marie Hofmeyr en Janet Wiegard
Uitgewer: Lapa
Die brood is perfek vir die koel weer. As dit so lekker smaak soos wat dit lyk, sal ek vir mm ‘n foto stuur. ?