Soorte resepte:

Resep: Gebakte appel-en-peerkrummeltert

Gebakte appel-en-peerkrummeltert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie smaaklike krummeltert kan saam met heerlike vanieljevla opgedis word.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

  • 30 ml kanola- of ander omega-3-olie
  • 200 ml (½ blik) tertappels
  • 200 ml (½ blik) pere in vrugtesap
  • 30 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml fyn neutmuskaat
  • 1,25 ml fyn gemmer
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml koekmeelblom
  • 125 ml lae-Gl bosbessie-muesli
  • 5 ml bakpoeier
  • 1,25 ml sout
  • 30 ml hawersemels
  • 30 ml gekapte neute
  • 30 ml onverfynde bruinsuiker (opsioneel, vir ‘n soeter tert)
  • 15 ml gesmelte botter

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n 23 cm-oondbak met 5 ml kanolaolie en plaas die appels, pere en die helfte van die vrugtesap daarin.
  2. Meng die suurlemoensap, speserye en vanieljegeursel en drup oor die vrugte.
  3. 3. Voeg die res van die bestanddele in ‘n mengbak en vryf saam om te meng.
  4. Sprinkel die krummeldeeg oor die vrugte en bak ongeveer 20 minute tot ligbruin.

Bron: Diabetes-vriendelike poedings en gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.