Soorte resepte:

Resep: Gebakte broodpoeding

Gebakte broodpoeding. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Tradisionele poeding waarvan almal hou!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 10 snye witbrood
  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • genoeg aarbeikonfyt
  • 750 ml Clover-volroommelk
  • 180 ml suiker
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 4 ekstragroot eiers
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • ʼn knypie sout
  • 100 ml gevlokte amandels

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ʼn oondvaste bak van ongeveer 16 cm x 24 cm.
  2. Smeer 5 snye brood met genoeg bolter en aarbeikonfyt. Plaas die ander snye brood bo-op die gesmeerde snye.
  3. Sny die korsies af en sny dan die brood in driehoeke. Pak die driehoekbroodjies in die voorbereide oondvaste bak.
  4. Klits die melk, suiker, kaneel, eiers, vanieljegeursel en sout goed saam. Giet die mengsel stadig oor die brood. Druk die brood liggies met die agterkant van ʼn lepel sodat dit die meeste van die melkmengsel kan absorbeer.
  5. Strooi die amandels oor die poeding en bedek dit met foelie. Bak vir 45 minute of tot gestol in middel.
  6. Sit warm voor saam met Clover Classic-vla.

Bron: Ekonomiese Gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.