Soorte resepte:

Resep: Gestoofde patats

Gestoofde patats (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike groente-soetding!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 375 ml (1½ k) water
  • 375 ml (1½ k) suiker
  • 5 kardemompeule
  • 3 kaneelstokkies
  • 1 kg patats, geskil en in happiegrootte blokkies gesny
  • 125 ml (½ k) klapper

Metode

  1. Meng die water, suiker, kardemompeule en kaneelstokkies in ʼn Verhit tot kookpunt en prut liggies tot die sous ʼn taaierige stroop vorm.
  2. Voeg die patats by die stroopmengsel en prut tot sag. Die patats maak self water en dit is nie nodig om nog water by te gooi nie.
  3. Voeg die klapper by en roer deur. Dien die gestoofde patats op saam met vla.

 

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Dit klink heel interessant en lekker wil probeer maar weet net nie wat is kardemompeule nie.

Saartjie ·

Ek dink die resep is foutief waar dit sê die patats moet in blokkies gesny word. Ek het grootgeword met stowepatats in skywe gesny en die foto toon ook duidelike skywe en nie blokkies nie.

Sonder die klapper is dit ‘n soet toekos by vleis en ander groente.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.