Soorte resepte:

Resep: Gouestroop-kluitjies in prutpot

Gouestroop-kluitjies in prutpot (Foto: Cindy van Heerden/Verskaf)

Maroela Media-leser Cindy van Heerden sê haar ma het altyd hierdie resep vir haar gemaak toe sy op skool was. Haar ma is verlede jaar oorlede en het die resep vir haar gelos.

Bestanddele

KLUITJIES

  • 1½ k bruismeel
  • 1 e botter
  • ⅓ k melk
  • ⅓ k gouestroop

SOUS

  • 2½ k water
  • ⅔ k gouestroop
  • ½ k bruinsuiker
  • ½ e botter

Metode

  1. Meng alle bestanddele vir kluitjies saam en rol in bolletjies. Plaas in prutpot (slow cooker).
  2. In ʼn ander bak, meng al die sousbestanddele en gooi stadig oor kluitjies in prutpot.
  3. Kook op hoog vir 1 uur en 20 minute.
  4. Bedien warm met vanieljeroomys of vla.

Het jy ‘n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.