Soorte resepte:

Resep: Grenadellatert

Grenadellatert (Foto: Verskaf)

“Daar’s ’n paar geure wat ek altyd met my ma sal vereenselwig, maar die soetste geur waarna haar kombuis altyd vir my sal proe, is grenadella. Vars grenadellas het ons selde in my grootwordjare in Upington gekry en daarom het my ma maar meestal die blikkies pulp gebruik. Sy het hierdie tert baie gemaak, veral as die familie uit die Kaap kom kuier het. Soms sou sy dit in glaskoppies laat stol soos ʼn koekstruif, sodat elke gas sy eie een ná ete kon geniet.” Só skryf Herman Lensing in sy resepteboek Dit proe soos huis.

Maak 1 tert

Bestanddele

  • 200 g-pak klapperkoekies (Tennis Biscuits)
  • 1 x 80 g-boksie grenadellageur jellie
  • 200 ml kookwater
  • 1 x 365 g-blik kondensmelk
  • 60 ml vars suurlemoensap
  • 500 ml grenadellajogurt
  • pulp van 20 grenadellas

Metode

  1. Voer die bodem van ’n 20 x 20 cm-tertbak uit met ʼn laag koekies en maak ook koekies regop staan reg teen die rand van die bak.
  2. Maak die jellie aan met die kookwater en laat afkoel tot kamertemperatuur, maar nie gestol nie.
  3. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam tot ’n gladde, romerige mengsel. Roer die afgekoelde jellie en die jogurt by tot glad.
  4. Giet die mengsel in die kors en laat stol in die yskas. Skep die grenadellapulp bo-op en sit voor.

Bron: Dit proe soos huis deur Herman Lensing

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wilma ·

Ek het ‘n soortgelyke resep en die tert is heerlik. Die koekies wat regop geplaas word, kan fyngemaak en onderin die tertbak kom. Karien, ek stem saam met jou wat die foto aanbetref.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.