Soorte resepte:

[Resep] Hawermoutstafies

Hawermoutstafies (Foto: Kosblikkos, Lapa-uitgewers)

ʼn Smaaklike opsie waarmee jy die kleinspan se kosblikke kan vul.

Lewer 30 stafies

Bestanddele:

  • 500 ml hawermout
  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml gedroogde klapper
  • 125 ml Jungle-hawersemels
  • 1 ml sout
  • 100 g botter of margarien
  • 25 ml heuning of gouestroop
  • 200 ml suiker
  • 5 ml koeksoda
  • 25 ml kookwater
  • 1 groot eier
  • 5 ml vanielje- of karamelgeursel

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ’n rolkoekpan van ongeveer 320 mm x 230 mm met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die hawermout, meel, klapper, hawersemels en sout.
  3. Verhit die botter of margarien, heuning of gouestroop en suiker in ’n kastrol oor lae hitte totdat die suiker gesmelt is. Verwyder die mengsel van die hitte. Los die koeksoda in die kookwater op en roer dit by. Laat die mengsel tot louwarm afkoel.
  4. Klits die eier en roer dit saam met die geursel en gesmelte mengsel by die droë bestanddele. Skep die mengsel in die voorbereide rolkoekpan. Versprei dit eweredig in die pan en druk dit liggies vas met die agterkant van ’n vurk.
  5. Bak dit vir 20 minute. Haal die pan uit die oond en sny dit dadelik in stafies. Skakel dieoond af en plaas die stafies terug in die oond. Laat dit 1 uur in die oond staan. Laat die stafies in die pan afkoel voordat dit in ’n houer met ’n lugdigte deksel verpak word.
  • Bron: Kosblikkos
  • Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Kan julle asb die vervaardigers van die produkte in die resep bysit?
Ons leke kan dan makliker die resep volg.

Hannah ·

Baie baie dankie vir hierdie resep! Dit is iets gesond wat ek vir my kleinkinders kan maak…nugter weet hoe die Pa en Ma kan kerm oor suiker deesdae…Ouma se koekies is nou nie meer goed genoeg nie! Groot asseblief kan julle ter gelegener tyd nog soortgelyke resepte plaas? Baie dankie by voorbaat!

Marianne ·

Hierdie is eintlik ‘n ou resep van Kook en Geniet. Ons sit nie semels by nie, maar wel wat beskikbaar is op daai stadium, bv handvol rosyne of opgekapte dadels, en natuurlik neuter (enige sort, fyn maar tog nog bietjie grof). Wanneer ons “gesondheids” oats vingers maak, los ons die suiker en gebruik Melasse en heuning. Heerlik!

Marinda ·

My kinders was mal oor dit. Gereeld vir hulle gemaak. Hulle dit naderhand sommer self gou aan mekaar geslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.