Soorte resepte:

Resep: Japtrap-klapperys

Japtrap-klapperys. (Foto: Lapa Uitgewers)

Moenie verder as dié resep vir jou volgende lekkerny soek nie.

Lewer 24 porsies

Bestanddele

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 500 g (1 pakkie) versiersuiker
  • 400 g (2 pakkies) fyn klapper
  • 2 ml pienk voedselkleursel

Metode

  1. Meng al die bestanddele vir die klapperys, behalwe die voedselkleursel, goed.
  2. Verdeel die mengsel in twee en meng ’n paar druppels voedselkleursel by die een helfte. Meng baie goed totdat die kleur egalig is.
  3. Druk die wit helfte van die mengsel goed vas in ’n gesmeerde vierkantige bak.
  4. Druk die gekleurde helfte van die klapperys bo-op vas en verkoel ± 30 minute.
  5. Sny die klapperys in blokkies en lig versigtig uit die bak.

Bron: Lekkers
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Witbaard ·

Daar kort nog n bestanddeel: ‘n Pil om jou bloedsuiker weer te probeer stabiliseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.