Soorte resepte:

Resep: Koffie-en-sjokolade-yskastert

Koffie-en-sjokolade-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

Koffie en sjokolade is van ons gunstelingbestanddele, en dié tert laat die twee saamsmelt.
Lewer 1 groot tert

Bestanddele

KORS

  • 75 ml botter
  • 400 g (2 pakke) Romany Creams, fyngemaak

VULSEL

  • 250 ml room
  • 500 g (2 bakkies) geroomde maaskaas
  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • 10 ml gelatienpoeier
  • 45 ml water
  • 5 ml koffiepoeier
  • 15 ml kookwater
  • 15 ml likeur
  • 200 g melkbaksjokolade
  • 1 Flake, gekrummel, vir afronding
  • vars bessies, vir afronding
  • kruisementblaartjies, vir afronding

Metode

KORS

  1. Smelt die botter en voeg by die fyngemaakte koekies. Druk die koekiekrummels in ’n ronde 26 cm-tertbord vas.

VULSEL

  1. Klits die room styf en vou by die maaskaas in. Roer die kondensmelk by.
  2. Spons die gelatien oor water. Smelt oor ’n bakkie met kookwater tot die gelatien goed opgelos is.
  3. Los die koffie in 15 ml kookwater op en roer die likeur by. Roer by die gelatienmengsel en voeg dan by die maaskaasmengsel. Meng goed.
  4. Smelt die sjokolade teen 70% krag in die mikrogolfoond of in ’n dubbelkoker tot glad. Laat bietjie afkoel indien dit te warm is. Roer vinnig in by die maaskaasmengsel.
  5. Skep die vulsel in die koekiekors en plaas dit in die yskas tot gestol.
  6. Versier met Flake, vars bessies en kruisementblaartjies.

Wenk:

Dit smaak ook baie lekker as jy gekapte neute of glanskersies by die vulsel voeg.

Bron: Vinnig & maklik: Yskasterte

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DJ Krummelpap ·

Hoe werk: “spons die gelatin oor water”?
Ek’t g’n clue wat dit beteken nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.