Soorte resepte:

Resep: Korslose melktert

Argieffoto

Maroela Media-leser Olene Fourie sê sy het hierdie resep jare gelede al begin maak en dat haar kinders mal is daaroor. Sy vertel dat jy ʼn kors met Tennisbeskuitjies kan maak, maar dat sy en haar familie dit korsloos verkies.

Hier is Olene se resep:

Bestanddele

  • 1 liter melk
  • klont margarien
  • knippie sout
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 125 ml suiker
  • 50 ml koekmeel
  • 50 ml vlapoeier
  • 50 ml mielieblom
  • kaneel

Metode

  1. Bring melk, margarien, sout en vanieljegeursel tot kookpunt in ʼn pot oor die stoof.
  2. Klits eiers en suiker tot romerig en meng in.
  3. Voeg droë bestanddele by en meng goed.
  4. Roer tot dik en sonder klonte.
  5. Gooi in bak, strooi kaneel bo-oor en laat afkoel.

Het jy ’n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Wanda

Korslose melktert bak mens en dit maak n kors onder. Die is net gewone melktert