Soorte resepte:

[Resep] Koue mango-en-grenadellapoeding

Foto: Lekker en Vinnig - Vrugte

Foto: Lekker en Vinnig – Vrugte

ʼn Heerlik en verfrissende resep vir warm dae – laat weet gerus as ons moet proe …

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 2 x 80 g-pakkies mango- of grenadellajellie
  • 30 ml gelatien
  • 500 ml kookwater
  • 1 x 397-blik kondensmelk
  • 250 ml room
  • 1 mango, geskil en in klein blokkies gesny
  • vrugtemoes van 2 grenadellas

Metode:

  1. Meng die jelliepoeier en die gelatien saam in ʼn glasbak.
  2. Voeg die kookwater by en roer tot die jellie en gelatien opgelos het.
  3. Voeg die kondensmelk by die jellie en meng dit goed deur.
  4. Laat die mengsel vir 10 minute in die yskas rus sodat dit kan afkoel.
  5. Klits die room met ʼn elektriese klitser tot sagtepuntstadium en voeg dit by die koue jelliemengsel.
  6. Voeg die mangoblokkies by die jelliemengsel en roer deur.
  7. Spoel 6 klein poedingbakkies of jellievorms goed uit met koue water.
  8. Deel die poedingmengsel tussen die poedingbakkies of jellievorms en laat dit vir 4-5 uur in die yskas rus sodat dit kan stol.
  9. Keer die poedings uit op kleinbordjies en skep van die grenadellamoes oor.
  10. Sit dadelik voor.

Bron: Lekker en Vinng – Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Karin

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Karin ·

Dankie vir jou antwoord, Landi. Ek verstaan dat ons eerder die resepteboeke moet koop en my boekrakke is inderdaad vol resepteboeke omdat ek lief is vir kook. Ek is egter ‘n ouma van bykans 70 jaar oud en my dae van ‘groot’ kook is verby. Ek het my gunstelingresepte, maar nou en dan is ‘n mens lus vir iets nuuts – en maklik! Ek ‘steel’ dus so ‘n bietjie met die oog, want ek voel ek het darem my kant gebring om ons resepteboekmakers te ondersteun. Deesdae koop ek nie meer resepteboeke nie, maar blaai gereeld deur die talle wat op my rakke staan. Dankie vir die wye verskeidenheid van leesstof op Maroela Media. Lesersgroete, Karin

Zaida ·

Karin sien dat wat jy wil print op die skerm pas. Tik dan die Print Screen, maak Word oop en paste.

Elsabe ·

Oi joi joi…. dit lyk so lekker en verfrissend! Ene somer…. :)

Baie dankie vir die heerlike resepte wat julle plaas!

Annelize ·

MM ek het skerm skote gemaak self lekker oorgetik vir my resepte boek en whala…….so hoekom die druk funksie weggeem……gelukkig kan ons almal ook skryf en so ook lekker oorskryf in jou eie resepte boek

Annelize ·

MM…..het skerm skote gemaak en oorgetik vir my respete boek……whala …soos ons oumas gemaak het jare terug toe hul resepte uitgedeel het…..gelukkig kan ons almal skryf en dit doen in ons resepte boeke

Truida Pretorius ·

Ek het die resep gemaak. Is die ekstra gelatine nie te veel nie? Die gereg was regtig soos rubber – hopeloos te styf. Het die laat aand gemaak vir vandag se nagereg. Het ek dit te lank laat staan, maar was so terleurgesteld. Het perskes ingesit omdat dit nie nou mango tyd is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.