Soorte resepte:

Resep: Kraghappies

(Foto: Pixabay)

Maroela Media-leser Elbie Richter stuur hierdie resep vanaf Ierland in.

“Ek moes nuwe ‘familie’ vind hier in Ierland. Net so my nuutgevonde vriendin vanaf Letland. Sy het haar familieresep met my gedeel. Ek het die tahini en Brasiliaanse neute vervang met grondboontjies en grondboontjiebotter. My kinders geniet dit veel meer so!” skryf sy.

Bestanddele

  • ½ k grondboontjiebotter (of tahini)
  • ½ k heuning (of stroop)
  • ⅓ k kakaopoeier
  • 300 g gekapte grondboontjies (of neute)

Opsioneel:

  • klapper
  • sesamsaadjies

Metode

  • Meng bestanddele en rol in balletjies. Berg in yskas.
  • Opsioneel: Rol in klapper en sommige in geroosterde sesamsaadjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.