Soorte resepte:

[Resep] Krakerige Sjokoladekoekies

Hierdie is ʼn resep wat nie woorde nodig het nie: die smaak spreek vanself. Verras môre jou kollegas of gesinslede met dié smullekker sjokoladekoekies.

Bestanddele:

  • 310 ml koekmeelblom
  • 125 ml versiersuiker
  • 30 ml kakao
  • 140 ml botter
  • 125 ml haselneute, gemaal
  • 1 eiergeel

Krakerige bolaag:

  • 150 g donker sjokolade (gesmelt)
  • 115 ml botter
  • 15 ml haselneute, gemaal
  • 375 ml pofkoring (Rice Krispies)

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in. Roer die haselneute en eiergeel by en meng tot ʼn ferm deeg. Knie die deeg liggies op ʼn meelbestrooide oppervlak tot glad. Bedek en verkoel vir 30 minute. Rol die deeg tussen twee lae plastiek uit tot 5 mm dik. Druk sirkels 5 cm in deursnee en plaas 3 cm uitmekaar op ʼn gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 minute tot effens verkleur en laat afkoel.

Krakerige bolaag:

Meng die bestanddele vir die bolaag en drup teelepels vol bo-op elke koekie. Verkoel tot dit gestol het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter en Diana Smit van De Rust ·

U blad is hierdie week vol van wat ek in my oek oor geskryf het. My hele boek gaan daaroor met LIEFDE

Hoe adverteer ek dit by mense wat nog LEES en Maroela se lesers stel skynbaar nog belang in WOORDE, die regte woorde uit die hart uit.? Die boek se naam is Die kloutjie by die oor bring deur Johannes 2

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.