Soorte resepte:

Resep: Maklike fudge

Foto slegs ter illustrasie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Stroopsoet en maklik om in die mikrogolf te maak.

Lewer 25 blokkies
Bestanddele

  • 1 x 385 g blik kondensmelk
  • 500 ml (420 g) strooisuiker
  • 20 ml margarien
  • 15 ml (1 e) bruinasyn
  • 15 ml (1 e) vanieljegeursel

Metode

Gebruik ʼn mikrogolfbestande bak met ʼn inhoudsmaat van minstens 3 liter. Die mengsel borrel en kan oorkook tydens die kookproses – kies dus eerder ʼn te groot as te klein houer.

  1. Plaas die kondensmelk, strooisuiker en margarien in die bak en mikrogolf dit 1 minuut lank op hoog. Roer.
  2. Mikrogolf 6 minute en roer elke 2 minute. Roer na 6 minute die asyn en geursel by.
  3. Mikrogolf nog 2 minute op hoog en klop dan totdat die mengsel begin verdik.
  4. Gooi dit gou uit in ʼn gesmeerde 20 x 20 cm-pan. Laat dit stol en sny dit in blokkies van ongeveer 4 x 4 cm.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

ek gaan dit beslis probeer. klink maklik genoeg vir my. vorige keer dat ek dit try maak het, het mooi geflop

Prontuit ·

As die werk gee ek julle beslis 10/10 het al ALLES probeer my fudge kom nooit reg uit nie – dankie vir die deel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.