Soorte resepte:

Resep: Maklike mangotert

Maklike mangotert. (Lapa Uitgewers)

Bederf jouself met ’n mango-soetigheid.

Lewer 8-10 porsies.

Bestanddele

  • 1 groot vars mango of 750 ml ingemaakte mango’s
  • 80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
  • 500 ml kookwater
  • 175 ml ongegeurde jogurt
  • 25 ml gelatien
  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • room en lemoenskilrolletjies of verglansde lemoen vir versiering

Metode

  1. Skil die mango en sny dit in blokkies.
  2. Los die helfte van die jellie in 125 ml kookwater op. Laat effens afkoel.
  3. Vul die koppie verder met jogurt.
  4. Voeg dit by die helfte van die mangoblokkies.
  5. Skep dit in ‘n ronde, gesmeerde tertbak met regop kante en plaas in die yskas om te stol.
  6. Gooi 15 ml gelatien in ‘n koppie met 10 ml koue water. Roer en laat staan ‘n rukkie.
  7. Voeg 125 ml kookwater by en roer tot die gelatien opgelos is.
  8. Voeg die helfte van die kondensmelk by. Roer tot dit baie goed gemeng is.
  9. Skep dit oor die gestolde mango en laat dit in die yskas stol.
  10. Herhaal nou die resep met die res van die bestanddele.
  11. Laat die mengsel heeltemal in die yskas stol, keer die gestolde mengsel op ‘n tertbord uit en versier dit met geklopte room en lemoenskilrolletjies of verglansde lemoenstukkies.

Bron: Yskasterte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.