Soorte resepte:

[Resep] Melkkos

Melkkos (Foto: Lapa-uitgewers)

Wat is dan beter as dít op ʼn koue wintersdag?

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 170 g koekmeel
  • 1 ml sout
  • 40 g koue Clover Mooirivier-botter, in blokkies gesny
  • 1 liter Clover Mmmilk
  • 1 kaneelstokkie
  • 1 lourierblaar
  • kaneelsuiker

Metode:

  1. Meng die meel en sout saam en vryf die botterblokkies met die vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.
  2. Verhit die melk, kaneelstokkie en lourierblaar saam tot kookpunt.
  3. Verlaag die hitte en verwyder die kaneelstokkie en lourierblaar.
  4. Roer die meelmengsel geleidelik by die warm melk met ʼn draadklitser.
  5. Prut 8-10 minute en roer aanhoudend.
  6. Sit warm voor met kaneelsuiker.
  • Bron: Trooskos
  • UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê VanAfrika

Dankie vir jou kommentaar. “Clover Mmmilk” verwys na die naam van ‘n spesifieke produk.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

E ·

Kan myself nie hep nie, maar melk bly melk of hoe?
Seker maar beesmelk?

VanAfrika ·

Ja E, dis die eerste keer dat ek lees Clover het Mmmilk, gaan bietjie rond kyk vir dit.

Dankie MM, ek leer nou iets nuuts

Maica ·

Dit is die lekkerste melk ooit!!!!! Kan nie glo julle ken dit nie.
Is seker al vir die laaste 7 jaar op die rakke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.